FAQ

FAQ

* Hier sal jy 99% van jou vrae en antwoorde vind

LW ure

Emails sal binne 36uur beantwoord word.

 

Hatfield ure

Maandae – Vrydae:  09:00 – 16:00

Saterdae: 09:00 – 15:00, Sondae: 09:00 – 14:00

 

Hoe sien ek waar my pakkie is (koerier trace)?

Gaan na: www.aramex.co.za

En tik jou Tracking code (kyk jou epos) regs bo in hulle website in.

Sodra die pakkie ons verlaat kry jy ‘n e-pos met ‘n tracking nommer wat jy sal kan sien waar jou pakkie is en wanneer hy afgelewer word.
Jy kan die pakkie soek op www.aramex.co.za soek ek die tracking nommer daar op laai en dan wys hy jou waar die pakkie is.

 

Hoe lank neem my bestelling?

Ons aanlyn bestellings neem 2-7 werksdae om te voltooi en te stuur, maar ons probeer om so gou moontlik die pakkies te voltooi sodat jy nie lank hoef te wag nie!

Uitliggende areas mag dalk n paar dae langer vat want sekere buitedorp areas (bv Putsonderwater) word net een maal per week besoek. Jy kan wel die koerier bel en uitvind hoe ver hulle is of wanneer die pakkie afgelewer sal word, tik in jou “tracking” nr en die hooftak in jou area se nr sal op die skerm verskyn.

LW se bank besonderhede:

Rekening: Liefde Wen Altyd

Nommer: 62593624573

Bank Naam: First National Bank

Branch Code: 254-005

 

Hoe bestel/koop ek?

Gaan op ons website na die WINKEL tab/blad. Kies die tipe produk wat jy wil aankoop (click op foto). Click dan op die produk wat jy wil koop.

Kies jou grootte en kleur (indien van toepassing).

Kies die hoeveelheid (indien van toepassing).

Click die rooi ADD TO CART knoppie.

(Indien jy nog produkte wil koop, begin weer deur op die WINKEL tab/blad se druk)

As jy nou klaar gekoop/bestel is, druk op die VIEW CART knoppie (of) Click op die CHECKOUT knoppie/tab in die menu.

Tik dan asb al jou besonderhede in, sodat ons die pakkie kan stuur.

Kies jou manier van BETAAL en hoe jy die pakkie afgelewer wil hé.

Payfast is die beste en veiligste manier.

As alles ingevul is, druk die rooi PLACE ORDER knoppie.

As jy dan die betaling maak, sal jy die volgende boodskap sien.

Thank you. Your order has been received.

Jy is nou klaar. Mooi gedoen.

Omruilings beleid en prosedure

Slegs binne 7 dae. // R100 omruilingsfooi.

Volg asb die volgende stappe:

  1. Gaan na die winkel blad toe, en bestel n nuwe item.
  2. Maak asb seker dat jy die EFT opsie kies by die betaling.
  3. EFT dan R100 na LW se rekening. met die nuwe bestel nommer as verwysing.
  4. Stuur n epos aan info@liefdewen.co.za met die volgende details:
    • Ou bestel nommer/verwysing
    • Nuwe bestel nommer/verwysing
    • Bewyse van betaling vir die EFT (PDF)
    • ‘n Kort boodskap met jou naam en sel nommer.
  5. Ons sal dan met n Koerier reël om die omruiling op n gepaste dag te behartig.

 

 

Sizes van hoodies, T-Shirts, ens?

Onder op elke produk, wat groottes benodig, sal daar ‘n Size-Chart wees wat elke produk se spesifieke grootte aandui.

Maak seker jy meet korrek en skip die omruilings!

 

Hoekom het ons nie n kontaknommer nie?

Liefde Wen wil eendag ‘n telefoon hê, maar op die oomblik is ons baie min mense wat als behartig en ons moet tye van die dag uitsit vir elke “taak”.

Dit is maklik om tyd uit te sit om e-posse te beantwoord, maar indien ons oproepe moet beantwoord, sal dit beteken dat daar baie effektiwiteit verlore gaan.